Close Icon

Graad R
KleuterAkademie

Gr RKA is ons jongste skool en spog met 3 pragtige klasse en die lekkerste buitespeelareas.  Dit is gerieflik geleë in Sondalstraat, Eversdal.  Die skool is baie naby aan Glen Garry en Cobble Walk winkelsentrums, besighede en skole in Eversdal.  

Graad R KleuterAkademie word ook gebruik vir die lekkerste partytjies oor naweke by PartytjiePret!

Klasse:

Ons klasgroepe is klein sodat jou kind nie oorweldig voel nie.  Elke klas het ook ‘n klasassistent om genoeg individuele aandag te verseker. Gr RKA  bied 3 pragtige klassies met lieflike buitespeelareas as volg:

  • Uiltjieklas
  • Wasbeertjieklas
  • Beertjieklas
  • Hasieklas (Gr. RR)

Leerplan

Ons fokus op gesyferdheid, geletterdheid en lewensvaardighede.  Wanneer u kind klaar is met sy Graad R jaar by die KleuterAkademie sal hy ten volle toegerus wees met kennis en vaardighede om Graad 1 met selfvertroue aan te pak.

Graad R Puzzle

Weeklikse temas:

Weeklikse temas word uitgestal en aangebied tesame met ‘n klankie, getal en konsep vir die week.  Gedurende tematyd soggens neem kinders interaktief deel waar ons ook saam Bybel lees en dan lekker Bybelliedjies saamsing.  Kinders word ook aangemoedig om weekliks items vir die tematafel te bring om sodoende leer en belangstelling aan te moedig.

Die volgende areas word ook weekliks gedek:

Lewensvaardighede

‘n Kind wat basiese lewensvaardighede met gemak kan baasraak, het meer selfvertroue en is meer selfstandig. Aktiwiteite sluit in knope en veters vasmaak, rygwerk, die oorgooi en oorskep van water of items van houer tot houer, en die oopdraai en oopmaak van houertjies. Hierdie vaardighede ontwikkel fynmotoriese spiere en hand-oogkoördinasie.

Kuns

Die weeklikse tema word deurgetrek en ook uitgebeeld deur ‘n skeppende aktiwiteit wat baie belangrik is vir perseptuele vaardighede. Fynmotoriese, visuele en kreatiewe vaardighede word ook daardeur ontwikkel. Dit is belangrik dat die kinders die aktiwiteite self moet doen om hierdie vaardighede te oefen en die genot van kreatiewe werk te ervaar.

Sport

Bewegingsopvoeding vorm deel van die weeklikse program en dit bestaan uit georganiseerde aktiwiteite en speletjies. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om grootmotoriese vaardighede en hand-oogkoördinasie te ontwikkel. Kinders het ‘n natuurlike geneigdheid en begeerte om te verken en te ontdek. Tydens vryspel word die kinders ook aangemoedig om hul eie vaardighede te ontdek en te bemeester.

Bak-en-Brou/Koekverkoping

Elke tweede Vrydag bak-en-brou ons. Dit leer kinders van hoeveelhede en basiese konsepte soos temperatuur en tekstuur. Dit ontwikkel ook hand-oogkoördinasie en fynmotoriese vaardighede. Daarby is dit sommer net lekker pret.  Kinders kry ook die geleentheid om alternatiewe Vrydae iets lekkers te kom verkoop by die skool.

Ekstra aktiwiteite

Twee ekstra aktiwiteite word elke week beplan wat bespreek of uitgepak word vir die kinders om mee te werk, te leer en te ontdek. Dit sluit in wetenskap, sensoriese en fynmotoriese aktiwiteite, mondspier-oefeninge, konsepte (vorm, kleur, tyd, grootte en lengte), liedjies en rympies.

Instappies

Ons bied deur die loop van die jaar ‘n verskeidenheid instappies en aktiwiteite aan. Ons wil graag die kinders blootstel aan ‘n wye verskeidenheid lewenservarings wat stimulerend en opbouend is. Instappies word aangebied deur persone van buite en sal meer uitbrei oor die weeklikse tema.

Kontak gerus die skoolhoof en kom kuier by ons!
Kom ontmoet die vriendelike personeel en kom kyk wat ons alles by Gr RKA doen!

Wat ons kliënte sê

Gr RKA Span

Monique

Elri

Colinda

Joné

Anneke

Carly

Katja

Kelly

Anneke

Lameck

Galery

Kontak Graad RKA