Close Icon

Durbanville
KleuterAkademie

DKA is gerieflik geleë in Goedemoedstraat, naby Graanendal winkelsentrum en die R302.  

Klasse:

  • Hasieklas: 2-jariges
  • Apieklas: 3-jariges
  • Goggaklas: 4-jariges
  • Kabouterklas: 5-jariges

Leerplan

Durbanville Puzzle

Weeklikse temas:

Weeklikse temas word uitgestal en aangebied tesame met ‘n klankie, getal en konsep vir die week.  Gedurende tematyd soggens neem kinders interaktief deel waar ons ook saam Bybel lees en dan lekker Bybelliedjies saamsing.  

Die volgende areas word ook weekliks gedek:

Lewensvaardighede

‘n Kind wat basiese lewensvaardighede met gemak kan baasraak, het meer selfvertroue en is meer selfstandig. Aktiwiteite sluit in knope en veters vasmaak, rygwerk, die oorgooi en oorskep van water of items van houer tot houer, en die oopdraai en oopmaak van houertjies. Hierdie vaardighede ontwikkel fynmotoriese spiere en hand-oogkoördinasie.

Kuns

Die weeklikse tema word deurgetrek en ook uitgebeeld deur ‘n skeppende aktiwiteit wat baie belangrik is vir perseptuele vaardighede. Fynmotoriese, visuele en kreatiewe vaardighede word ook daardeur ontwikkel. Dit is belangrik dat die kinders die aktiwiteite self moet doen om hierdie vaardighede te oefen en die genot van kreatiewe werk te ervaar.

Sport

Bewegingsopvoeding vorm deel van die weeklikse program en dit bestaan uit georganiseerde aktiwiteite en speletjies. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om grootmotoriese vaardighede en hand-oogkoördinasie te ontwikkel. Kinders het ‘n natuurlike geneigdheid en begeerte om te verken en te ontdek. Tydens vryspel word die kinders ook aangemoedig om hul eie vaardighede te ontdek en te bemeester.

Bak-en-Brou/Koekverkoping

Bewegingsopvoeding vorm deel van die weeklikse program en dit bestaan uit georganiseerde aktiwiteite en speletjies. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om grootmotoriese vaardighede en hand-oogkoördinasie te ontwikkel. Kinders het ‘n natuurlike geneigdheid en begeerte om te verken en te ontdek. Tydens vryspel word die kinders ook aangemoedig om hul eie vaardighede te ontdek en te bemeester.

Musiek

Musiek is ‘n verpligte ekstra aktiwiteit wat elke week tydens skoolure deur ‘n professionele musiekonderwyseres aangebied word. Die kinders sing, dans, dramatiseer, speel ouderdomsgepaste instrumente, word blootgestel aan verskillende kulture en tale, en doen basiese ensemble werk. Dit bevorder gehoorontwikkeling, konsentrasie, leesvaardighede en die korrekte uitvoering van opdragte.

Ekstra aktiwiteite

Twee ekstra aktiwiteite word elke week beplan wat bespreek of uitgepak word vir die kinders om mee te werk, te leer en te ontdek. Dit sluit in wetenskap, sensoriese en fynmotoriese aktiwiteite, mondspier-oefeninge, konsepte (vorm, kleur, tyd, grootte en lengte), liedjies en rympies.

Instappies

Ons bied deur die loop van die jaar ‘n verskeidenheid instappies en aktiwiteite aan. Ons wil graag die kinders blootstel aan ‘n wye verskeidenheid lewenservarings wat stimulerend en opbouend is. Instappies word aangebied deur persone van buite en sal meer uitbrei oor die weeklikse tema.

Kontak gerus die skoolhoof en kom kuier by ons!
Kom ontmoet die vriendelike personeel en kom kyk wat ons alles by DKA doen!

Wat ons kliënte sê

DKA Span

Dan-elle

Enya

Tasneem

Bernicia

Mikayla

Nolene

Chanelle

Zani

Teeshan

Monique

Cindy-Lee

Rouxlé

Felix

Galery

Kontak DKA